BELYDENIS VAN DIE ALGEMENE SINODE 2011
Die NG Kerk dank God dat ons in so ‘n uitdagende tyd, binne ‘n Suider-Afrikaanse konteks saam met ander kerke, God se kerk mag wees. Sy liefde en genade is sonder twyfel groot.

Lees meer...


BEDIENING VAN BEVRYDING – ALGEMENE SINODE VAN DIE NG KERK
1 Die Algemene Sinode bely met blydskap die oorwinning van Jesus Christus oor al die manifestasies van die duiwel, bose magte, boosheid en kwaad in hierdie wêreld.

2 Die Algemene Sinode aanvaar dat hierdie oorwinning in baie gevalle nog nie ten volle sigbaar is nie, dat ons dikwels oorweldig is deur hierdie boosheid wat groter is as onsself, ook juis weens die swakheid van die mens, die verleiding van die sonde en die gebroke werklikheid.

Lees meer...


DOOP ALGEMENE SINODE 2011
1. Die Algemene Sinode bevestig ons gereformeerde oortuiging dat die Verbondsdoop uitdrukking gee aan die grondwaarheid van die Evangelie dat God se genade en trou te alle tye ons gelowige aanvaarding daarvan voorafgaan en selfs omsluit.

2. Die Algemene Sinode vra daarom kerkrade en predikante om die gereformeerde verstaan van die verbondsdoop met oortuiging en deernis te verduidelik en te bevestig, ook aan lidmate wat ander oortuigings oor die doop huldig.

Lees meer...


KERKHERENIGING - ALGEMENE SINODE 2011
Die Algemene Sinode besluit soos volg tov kerkhereniging:

Lees meer...


TERUGVOER / GETUIENIS VAN DIE ALGEMENE SINODE VAN 2011 TE BOKSBURG:
Die afgelope week het ek nagedink oor die afgelope Algemene Sinode se byeenkoms in Boksburg. Weens die beperkte tyd, en die omvang van die sinode, is dit onmoontlik om reg te laat geskied aan alles wat daar gebeur het en besluit is. Daarom wil ek hier net ‘n getuienis lewer van dit wat ek by die sinodesitting ervaar het en hoe dit die pad vir ons as kerk en gemeente op die pad vorente raak.

Lees meer...


NT Designs - Website Design & Development