|
Liewe Worcester-Vallei
Vir my groot Kersgeskenk – my alleropregte dank.
By die ontvangs van so ‘n geskenk het mens nie woorde om jou dank te betuig nie.
In ALLES sien ek maar net die hand van ons Hemelse Vader wat so wonderlik onderneem en voorsien. My opregte waardering.
Groete
‘n Dankbare lidmaat
Geagte Leraars, Kerkraad en Gemeente
Ek wil u almal graag bedank vir die skenking wat ek voor die vakansie ontvang het.
Ek het groot waardering daarvoor. Ek wil net graag meld dat ek die vrymoedigheid geneem het om ook aan ander persone daarvan uit te deel.
Nogmaals baie dankie.
Groete
‘n Dankbare lidmaat
Liewe Worcester-Vallei
Weereens wil ons met dankbare harte ons dank aan u oordra vir die welcome kersgeskenk wat ons weer ontvang het van Worcester Vallei Gemeente.
Mag dit vir u as leeraars en gemeente ‘n mooi en geseënde jaar wees.
Nogmaals baie dankie.
Groete
‘n Dankbare lidmaat

“Ons het in Desember 43 kospakkies uitgedeel aan lidmate van die gemeente wat baat kon vind daarby. Dit was ‘n ongelooflike ervaring om te sien met hoeveel dankbaarheid die kospakkies ontvang is. Baie dankie aan elkeen wat emmers bygedrae het om dit moontlik te maak.
U is ook die ore om te hoor waar nood is. Wees gehoorsaam wanneer die Gees ‘n naam fluister en laat weet die kerkkantoor of Leraar asseblief.
Baie dankie aan elkeen wat reeds hierby betrokke is.
| Produkte soos hieronder gelys vorm deel van ons koskas. Enige ander produkte of artikels is welkom. |
Blikkieskos
Rys
Pasta
Mieliemeel
Sopmengsel
Suiker
Tee
Koffie
Lang Lewe Melk
Marmite
Grondboontjiebotter
Stroop
Jungle Oats |
|
Tandepaste
Tandeborsel
Toiletpapier
Tissues
Seep
Onderarm "roll on"
Shampoo
Skeermes en –lemmetjies
Skeerroom
Lyfroom |
|
Skoonmaakmiddels:
Opwasmiddel
Waspoeier
Sunlightseep
Vadoeke
Afdroogdoeke |
Gedurende ons 40 dae "Leer leef met Jesus" kry ons Kommunikasie voorsitter, Andries Conradie, die droom om terug te keer na die ‘emmer’ stelsel.
Eie aan Andries, gaan droom gepaard met doen. By die volgende Kerkraadsvergadering daag hy op met sy emmer en verduidelik wat sy droom is.
‘n Etiket word ontwerp en 300 groen emmers word geplak en is gereed vir verspreiding.
Sondagoggend 13 Maart is afsluiting van die 40 dae. Sewe uur die oggend stop Andries se bakkie by die kerk en word die ingangsportaal en ingange van die kerk vol groen emmers gepak.
Tydens die diens word die projek aan die gemeente verduidelik en sit ons in afwagting. Wat ‘n gesig, lidmate neem eienaarskap van die projek en gaan huistoe met ‘n emmer en behoefte lysie.
Lidmate sit gedurende die maand nie-bederfbare produkte in die emmers en bring dit op Dankoffersondag terug en neem ‘n leë emmer.
Maandagoggend en deur die week reën dit emmers vol genade. Lidmate bring emmers, want ons kan nie Dankoffersondag by die kerk wees nie! Selfs sakke kos, want ons emmers is te klein.
Gou is ons ‘klere-koskas’ ook te klein en moet daar plan gemaak word.
Die Here voorsien die finansies en Dave en Dawid spring aan die werk. Die klerekaste word uitgeskuif, mates word geneem en gou-gou word rakke in ons nuwe koskamer gebou.
Ons harte juig en soos ons die koskamerpak se rakke volpak, lê die Here name op ons harte en ses kospakke word gepak en afgelewer.
Dankie aan elke lidmaat wat "Leef met Jesus" en deel is van ons visie "Brandend vir God, mekaar en die wêreld".
Al die eer aan ons Hemelse Vader wat mense gebruik, gehoorsaam maak en drome waarmaak! |