|
De la Batgemeente basaar
25 Februarie 2012
Vallei Gemeente is verantwoordelik vir die poedingtafel.
4 x 2L roomysbakke poeding per wyk
Kontak: Bets of Marie Delport (0233471309 of 0233472933)
Vrugte en groente: indien jy hier 'n bydrae kan lewer, kontak asseblief vir Hanlie Visser by 0827803413
|
Nuwerus basaar
3 Maart om 10:00 - Susan Hanekomsaal
Vallei Gemeente is verantwoordelik vir die gebak.
Kontak: Bets of Marie Delport (0233471309 of 0233472933)
|
Jeugdienste
Wat doen jy op ’n Sondagaand??
Ons begin op4 Maart met 'n informele Jeugdiens
Om 18:30 by Drostdy se klubhuis. (links agter die rugbyveld)
Dit gaan mal lekker wees!
Sien jou daar!
Heerlike soetgoed te ete bring kollekte.
Sien daarna uit om AL julle jongmense daar te ontmoet.
|
God Stories
Ons het dit goed gedink om tydens ons eredienste die geleentheid te skep sodat jy jou storie met ons kan deel.
Die afgelope week was ‘n stille getuie van die invloed wat hierdie "God stories" op medegelowiges se lewe het.
Ons sien met verwagting uit na jou 2—3 min storie.
Deur te getuig van wat die Vader in jou lewe doen word ons almal wat na jou luister se geloof versterk.
|
Gebedsversoeke
In die voorportaal van die kerk en voor in die saal is houers waarin julle gebedsversoeke kan plaas. Ons wil julle regtig aanmoedig om asseblief die vrymoedigheid te neem en gebruik te maak hiervan, sodat ons mekaar in gebed aan ons Vader kan opdra.
Moenie dink dat jou versoek te groot of te gering is nie, ons het ‘n verantwoordelikheid om vir mekaar te bid, mekaar aan te moedig en te bemoedig. Dit kan net gebeur wanneer ons regtig oop en eerlik ons behoeftes voor ons Vader kan neersit.
Julle kan ook jul versoeke na ons epos adres stuur: valleikb@telkomsa.net
|
Retief Burger tree op by AGS Nuwe Lewe Heynsstraat
25 Februarie 19:00
Kaartjies beskikbaar by Gospel Direct (023 342 5950)
Volwassenes R60
Hoërskool Kinders R40
Laerskool Kinders R20
Lees meer oor Retief Burger
|
 |
|
Geestelike CD of DVD
Ds Stefaans Burden van Worcester-Vallei gemeente se eerste CD is beskikbaar. Al die woorde en lirieke is sy eie skeppings. Die CD is plaaslik in Worcester opgeneem deur Boomroc productions- by die Pionierskool.
Wat die CD uniek maak is dat twee siggestremde persone verantwoordelik was vir die finale produk en dat van plaaslike musikante gebruik gemaak is.
Die koste is R100 per CD en R70 per dvd en kan by die plaaslike kerkkantoor, by Worcester Vallei kerkkantoor of by ds Stefaans Burden bekom word.
Enige navrae skakel selnr 0825649478.
|
|
|