|
Geagte Lidmaat
/ Toekomstige Lidmaat
Ten einde 'n beter diens aan ons lidmate te lewer en om die kerkkantoor meer
effektief te maak, wil ons die gemeente se inligting rekenariseer. U kan ons
hiermee help deur die onderstaande vorm af te laai en so volledig moontlik te
voltooi.
Hoe om die vorm te voltooi:
• Daar moet vir elke besoekpunt 'n vorm voltooi word.
• Daar moet vir getroude kinders of ouers/skoonouers wat inwoon 'n aparte vorm
ingevul word.
• Indien daar meer as vier dooplidmate is, moet 'n aparte vorm ingevul word (Heg
sulke vorms aanmekaar vas)
• Indien 'n man of 'n vrou nog nie belydenis afgelê het nie, of aan 'n ander
kerk behoort, moet dit duidelik aangedui word.
• Indien kinders nog nie gedoop is nie, moet dit duidelik aangedui word.
Kliek om 'n vorm af te laai:
Nuwe Lidmate Vorm
Opdatering van Lidmate
Inligting
|
|