Brandend Vir God
Gebedsbedienings / Erediensbedienings
|
Finansies / Eiendomme / Administrasie / Kommunikasie
Personeel en Diensverhoudinge
| |

Brandend Vir Mekaar
Pastorale Versorging / Jeug en Gesin / Kleingroepe
Wyke: Dienswerkers

Brandend Vir Die Wêreld
Getuienisbediening / Gestuurde Gemeente

Struktuur van NGK Worcester-Vallei

Die afgelope paar jaar is baie tyd spandeer om ‘n nuwe kerkraadstruktuur te vind. In 2008 het die kerkraad ‘n taakspan saamgestel met die opdrag om vir Worcester-Vallei ‘n nuwe kerkraad- en bedieningstruktuur te ontwerp. Aan die einde van 2009 is die voorstel van die taakspan deur die kerkaad aanvaar en word dit vir een jaar (2010) op ‘n toetslopie geneem.

Alhoewel ons baie by ander gemeentes se strukture geleer het, moes ons iets ontwerp wat rekening hou met drie dinge:
• Elke gemeente is uniek: ons samestelling, geografie, uitdagings en die pad wat God met ons geloop het, is anders as ander gemeentes s’n.
• Ons visie: ons het ‘n groot en wonderlike geskenk van God ontvang in die vorm van ons visie: Brandend vir God, mekaar en die wêreld. Ons moes ‘n struktuur vind wat ons sou help om hierdie visie na te streef.
• Wat God in hierdie tyd van ons vra: Alhoewel God nie verander nie, verander die tye waarin ons leef. Nuwe tye bring nuwe uitdagings asook nuwe geleenthede. Ons moes leer om fyn na die Here se Gees te luister en gehoorsaam te wees aan wat Hy juis nou van ons vra.

Mens sou kon sê: ons gemeente se nuwe struktuur moes eie wees aan ons gemeente, maar ook belyn met ons visie en veral gehoorsaam aan God se droom en plan vir ons.
Laai Volledige Struktuur van NGK Worcester-Vallei af
NT Designs - Website Design & Development