Dankoffers:

Ons is oortuig dat elke lidmaat die verantwoordelikheid het om by te dra tot die gemeente se instandhouding sowel as die uitbreiding van God se koninkryk. Dankoffers is ons voorreg en bewys ons dankbaarheid vir dit wat Christus vir ons gedoen het. Ons het gekies vir ’n meer Bybels-getroue stelsels van dankoffers. Elke lidmaat gee of bring self sy/haar dankoffer soos die Here hulle lei. Ons bring dit met blymoedigheid omdat ons weet die Here het sulke gewers lief.

Dankoffers kan op een van die volgende maniere gegee word.
• per debietorder: reël met die kerkkantoor
• dienswerker kan die dankoffer by die lidmaat se huis kom haal (sommige seniors of siekes verkies dit so)
• Koeverte wat jy persoonlik na die erediens bring op die Dankoffersondag (elke 1ste Sondag van die maand)

Dienswerkers sal aan die begin van elke kwartaal 3 dankofferkoeverte aan lidmate besorg wat aangedui het dat hulle so wil gee. Mag die Here van ons ‘n Geesvervulde gemeente maak wat ook deur ons dankoffers wys dat ons brandend is vir Hom, mekaar en die wêreld.

Bankbesonderhede:

NG Kerk Worcester-Vallei
ABSA Bank
Takkode: 503 107
Rekeningnommer: 440 580 033
NT Designs - Website Design & Development