Die gemeente grens aan Moedergemeente en Napierstraat skei die twee gemeentes. Die gemeente se samestelling is baie interessant: Aanvanklik het die gemeente bestaan uit ou Langerug, ’n gedeelte van die middedorp, Russelskema, die Worcester Gevangenis en Drostdy Hoërskool. Later het nuwe Langerug en die uitbreidings bokant die Pionierskool en -drukkery bygekom.

Na die noorde lê Somerset-Park en Hospitaalheuwel en bokant die N1 ons Buitewyke (plaaswyke) op die Wolseley pad. Die nuutste toevoeging tot die gemeente is Hooggelegen aftree oord. Sowat 135 mense woon buite die gemeente se grense versprei oor die hele Worcester.

Ons gemeente se samestelling is divers: ons het plaas-eienaars, afgetredenes, jong werkende mense, professionele mense, skoliere, blindes, en ander.

NT Designs - Website Design & Development