|
|
Erediens Tye
Erediens (Kerk): 09:00
Familiediens (Saal): 09:00
Jeugbybelskool: Na Erediens
Tienerdienste: Sondagaande
Bybelskool Reeks oor Gebed: Wo 9:00 en 19:00
Kontak Besonderhede
Tel: 023 347 0387
Faks: 086 210 8337
ngvalleikerk@telkomsa.net
valleikb@telkomsa.net
Tulbaghstraat 150
Worcester
6850
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
Soos Jesus ons leer bid het... hoe gebed ons lewe kan verander!
Ons doen in 2012 ‘n reeks oor gebed.
Ons doen dit om verskeie redes
Eerstens omdat gebed ‘n wonderlike deel van gelowiges se lewe uitmaak. Helmut Thielicke sê “Kan daar iets groters bestaan as om die wêreld in ‘n nuwe lig te sien – deur middel van gebed”. Ons is oortuig daarvan dat elke gelowige die vreugde en krag van gebed moet ervaar. Dis soos suurstof vir ons longe. Ons kan regtig nie daarsonder lewe nie!
Ons hou hierdie reeks ook omdat ons maar te goed weet (ook uit eie ervaring) dat baie gelowiges sukkel met gebed. Die meeste van ons – so glo ek – sal bereid wees om te erken dat ons gebedslewe arm is en dat ons nie genoeg bid nie. Daar is baie redes hiervoor. Sommige het te make met ons besige lewe en vol programme; ander het te doen met baie misverstande wat daar oor gebed is; baie het doodgewoon te make met ons harde harte wat dink dat ons sonder God oor die weg kan kom, ens. Mens sou baie redes kon byvoeg. Ek dink daar is een wat uitstaan, maar wat ons bang is om te erken. Baie mense is teleurgestel in hulle gebedslewe. Hulle het iets spesifieks van God gevra, iets belangriks, maar die Here het nie geantwoord of uitkoms gegee nie. Omdat ons teleurgestel is in God het baie mense uit moedeloosheid ophou bid. En so die vreugde en troos van ‘n gebedslewe met die Vader prysgegee. Ons sal hieroor met mekaar moet praat en saam soek na God se leiding ...
Daar is 'n derde, belangrike rede waarom ons oor gebed wil preek: ek is seker dis die beste plek om 2012 te begin.
Lees meer...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|