|
83 623 6329
Kleingroepbyeenkoms
Week van 12-18 Feb 2012
Versorging:
Gee kans dat groeplede vertel wat die afgelope week gebeur het? Waar het julle die teenwoordigheid van die Here beleef? Wanneer het jy dalk ver van Hom gevoel? Open deur die Onse Vader gebed hardop saam op te sê.
Lees meer...
Kleingroepbyeenkoms
Week van 5 Jan – 11 Feb 2012
Versorging:
Gesinne kan lekker gesels oor hulle doopname. Ouers kan sommer vertel hoe hulle besluit het om hul kinders die name te gee wat hulle het. Na wie is hulle vernoem en hoekom.
Lees meer...
Kleingroepbyeenkoms
Week van 29 Jan – 04 Feb 2012
Versorging:
Ons het verlede week gepraat oor ons nuwejaarsvoornemens ten opsigte van ons verhouding met die Here. Hoe het die eerste paar weke van die jaar verloop? Waarmee sukkel jy? Deel met mekaar julle suksesse en teleurstellings. Bemoedig mekaar so bietjie.
Lees meer...
Ons het teen die einde van 2008 gekies om ‘n gemeente te wees waarin kleingroepe die boublokke is en daarom ‘n belangrike rol speel in die versorging en toerusting van ons lidmate. Dis in die kleingroepe waar ons leer wat egte Bybelse koinonia beteken en die vreugde (her)ontdek om die geloofsreis saam met ander gelowiges mee te maak. In ons kleingroepe skaaf ons mekaar om meer getroue volgelinge en beelddraers van Christus te wees.
|
| | |
|
Hoekom Kleingroepe?
|
|
•
•
•
•
|
Dis ‘n bekende feit dat kleingroepe nuwe lewe en geestelike groei bring.
Die tyd waarin ons leef word gekenmerk deur toenemende eensaamheid en ‘n groeiende besef dat mens regtig nie sonder ander mense kan lewe nie.
Daar is grootskaalse verbrokkeling van gesonde gesins- en familielewe en daarmee saam ‘n verskuiwing van die geloofsvorming van lidmate deur die samelewing en gesinsstruktuur na kleingroepe.
Kerke se grootste uitdaging is om aan mense warmte en intimiteit te bied. Gemeentes wat nie hiermee moeite doen nie, sal waarskynlik sukkel om die Here se opdragte (getuienis, diens van barmhartigheid, aanbidding, ens) uit te voer.
|
|
|
Nog beter redes vir Kleingroepe!
|
|
•
•
|
Dis ‘n reël wat Christene moet leer: Daar is dinge wat jy alleen kan doen, maar om te glo in Jesus Christus en te leef as ‘n navolger van Hom is nie een daarvan nie!
Daarom speel kleingroepe so 'n sentrale plek in die Bybel:
|
|
•
•
•
• |
Die Ou Testament (lees Deutr 6) lê groot klem op die rol van die familie en gesin as plek waar geloof gevorm word.
As Jesus begin met Sy werk, kies hy eers ‘n kleingroep: die 12 dissipels.
Die eerste gemeentes waarvan ons in die N.T. lees was meestal klein groepies mense wat in huise bymekaar gekom het.
Die “mekaar tekste” in N.T. onderstreep hoe verbonde gelowiges eintlik aan mekaar moet leef! Dien mekaar; eer mekaar, vermaan mekaar, gee om vir mekaar; aanvaar mekaar, vergewe mekaar, dra mekaar se laste; bemoedig mekaar, ens. Kan net saam met ander mense gedoen word. As ons ernstig is om die opdragte uit te voer, is kleiner eenhede in die kerk noodsaaklik.
|
|
|
Ons is oortuig dat kleingroepe ’n instrument kan wees waardeur God se genade en liefde ons op ’n besondere manier kan bereik: 5 dinge wat in kleingroepe gebeur:
|
|
|
1. |
God belowe om self teenwoordig te wees waar mense in sy Naam byeenkom.
|
|
2. |
Christus onderneem om nie met ons te wees nie, maar om ons te help om stelselmatig die mense te word wat Hy bedoel het ons moet wees, In groepe verander die Here mense! (Die Bybel gebruik graag woorde soos verlossing, redding, vernuwing, herskepping en wedergeboorte).
|
|
3. |
Die Heilige Gees se krag wat ons gewillig kan maak en toerus om iets vir ander te beteken. Die Here wl nie net by ons wees nie; Hy wil ook nie net in ons lewens inkom en ons verander nie, Hy wil deur ons by ander mense uitkom! Gesonde groepe verstaan dat jy nooit die Here se genade en liefde vir jouself mag hou nie, maar dat ons opgeroep word tot dienswerk!
|
|
4. |
Binne kleingroepe bind die Here ons aan mense wat ons ondersteun en versorg. Van die wonderlikste gawes van die Here ontvang ons as ons binne kleingroepe ontdek die Here het ons aan mekaar gegee om mekaar te versorg, te dra, te help, ja om saam te lag en te huil.
|
|
5. |
Die Bybel word aan groepe gegee as ons bron van vastigheid en energie.
|
|
(Coenie Burger: Bybelstudiegroepe: Poorte van God se genade)
|
|
|
• WORCESTER SELGROEP • |
|
Ons staan
bekend as Worcester Selgroep, omdat almal reg oor Worcester bly, maar die meeste
se lidmaatskap is by Worcester Vallei Gemeente.
Ons hoofdoel is om op die Here te fokus, geestelik te groei en mekaar se
vreugdes en hartseer te dra.
Daar is 10 lede in ons groep wat wissel tussen die ouderdom van 30 tot 40. Almal
is getroud en een paartjie is verloof. Ons het een gesinnetjie met 2 kindertjies
en 'n ander paartjie verwag 'n kleinding na die einde van die jaar toe. Ons
vergader in rotasie tussen almal se huise.
Ons groep het in 2007 begin om elke kwartaal by 'n projek betrokke te raak. Aan
die begin het ons elke maand donasies vir verskillende instansies gegee, soos:
Bybelverspreiding, Sopkombuis, De La Bat Skool, Nuwehoop Sentrum, Pionierskool,
Sean Kelly Sentrum, Dowe Bybels, Plaasuitreik, APD Liggaamlik Gestremdes,
Mosambek Uitreik, DCMA, Nagskuiling, Jeugweek, Kinderhuis Kersete, TV vir
Bollieland, Pantoffels vir kinders in Brewelskloof.
Later het ons gevoel ons wil meer fisies betrokke raak of iets spesifiek koop
wat ons weet nodig is, soos: 3 Waaiers vir Bollieland aangekoop. Bydrae gelewer
om Huis E se badkamer by Herberg Kinderhuis te teël. Lekkers uitdeel vir
kleuters by Brewelskloof. Paaseiers uitdeel by Sean Kelly, Toiletware vir Shane
in Pionierskool, Hotdogs en lekkerpakkies vir Bollieland se Lenteloop, Lekker
pakkies vir kleuters by Herberg Kinderhuis vir Kersfees.
Die jaar se projek is om 15 kotte van Bollieland af te skuur en oor te verf.
Maryka Marais (Leier) (T) 023 342 0817; (S) 083 235 4703; (E)
wlp@brenn-o-kem.co.za |
|
|
|
|