Die Hartklop Van Die Gemeente
• Die suiwer verkondiging van die Woord.
• Die boodskap word in afhanklikheid van God gesoek.
• Diep bewuswording van die werking van die Heilige Gees.
• Gebed staan sentraal.
Die erediens is die plek waar mense:
• Na die Woord van God kom luister.
• ‘n Spesiale ontmoeting met God verlang.
• Wil tuiskom – en uitgedaag word – in die seisoen van hul lewe.
• Saam met ander gelowiges die Here wil aanbid en prys.
Die Eredienswerkgroep kom Dinsdae aande bymekaar en saam met die predikante word beplan aan die erediens vir die Sondag.

Die Eredienswerkgroep
Predikante: Hans Steyn, Rousseau Malan en Stefaans Burden
Jeugwerker: Wouter van Velden
Power Pointbediening

O.l.v. Hanlie Cronjé en Richard Ellmann

Nesta Malan, Rousseanne Malan en Petrus Carstens is ook deel van die span.

Enige persoon wat hierby betrokke wil raak, kontak vir Richard Ellmann (082 563 7376).
Blomme en Simboliek

O.l.v. Lynette Marais en Marié-Louise du Preez

Blomme en simboliek is ‘n baie besondere manier om ondersteunend te wees aan die Liturgie van die erediens.

Enige persoon wat hierby betrokke wil raak, kontak vir Lynette (082 318 780).
Sang & Begeleiding

Karen Gilfillan neem die voortou in hierdie belangrike komponent van die erediens.

Elke lied word onder die leiding van die Heilige Gees gekies om die boodskap van die Woord te ondersteun. Deur sang en begeleiding neem gemeentelede deel aan die erediens, met lofprysing en aanbidding.

Kontak vir Karen (082 340 5750) as jy deel wil word van die sanggroep of ‘n orkes wil begin.
Jeug Bybelskool Vir Graad 1 - 6

Tydens die Jeug Bybelskool vir gr. 1- 6 word die Skrifgedeelte in kleiner groepe bespreek.

Lizma Neethling is verantwoordelik om die lyn vanaf die erediens deur te trek na die Jeug Bybelskool.

Om die Skrifgedeelte deel te maak van elke gesin, is daar in die Sondagblaadjie ‘n “Gesinstyd’” afdeling. So word die Skrifgedeelte met die Jeug Bybelskool en gesinne geïntegreer.
Erediens-diensbeurte

Ons gemeente is geseënd met vrywilligers wat Sondae deurdiens doen asook offergawes inneem en nagmaal bedien. Die betrokkenheid van meer mense is baie positief vir ons omgee vir mekaar. So leer ons mekaar ook beter ken.

Deurdienste word deur die Kleingroepe gedoen – hulle deel die Sondagblaadjie by die deure uit.

Offergawediens en die bedien van nagmaal word deur gemeentelede gedoen wat hulself hiervoor diensbaar gestel het. Die leier-ouderlinge is Marié-Louise du Preez, Kassie Karstel en Jan-Hendrik Hofmeyr. Marius Cronjé doen die oorhoofse reëlings en indeling.

Indien individue en gesinne by die erediens-diensbeurte wil help, kontak gerus vir Marius (082 770 1180).
Erediens Bediening Fotos
NT Designs - Website Design & Development