Pinkster 2011

Nuutste Nuus
Fondsinsameling vir die Mosambiek uitreik
Pinkester 2012
Lees meer...

Erediens Tye

Erediens (Kerk): 09:00
Familiediens (Saal): 09:00
Jeugbybelskool: Na Erediens
Tienerdienste
(Drostdy Klubhuis): 18:30
Bybelskool Reeks oor Gebed: Wo 9:00 en 19:00

Kontak Besonderhede

Tel: 023 347 0387
Faks: 086 210 8337

ngvalleikerk@telkomsa.net
valleikb@telkomsa.net

Tulbaghstraat 150
Worcester
6850


Soos Jesus ons leer bid het... hoe gebed ons lewe kan verander!



Ons wil graag die Pinkster fokus op die belangrikste gebeurtenis in elke christen gelowige se lewe. Die opstanding van Jesus Christus. Ons is oortuig dat die uitdaging nie soseer is om oor die opstanding van Jesus te praat nie, maar om vanuit Jesus se opstanding te leef elke dag.

Hoe leef ons die opstandingslewe wat Jesus aan ons kom skenk elke dag? Is dit moontlik? Of is dit net „n vae ideaal waarna ons verlang. Dit het ons dan laat dink hoe kan ons saam met julle ontdek wat beteken dit om Jesus die Opgestane Here te volg. Waar gaan soek mens?

In die Evangelies is daar gesprekke wat Jesus met verskillende mense gehad het nadat Hy uit die dood opgewek is. Ons glo dat hierdie gesprekke waarde vir ons elkeen sal he^ om die op- standing van Jesus heel prakties in ons lewens te laat gebeur. Met wie het Jesus gepraat- met die vroue, die dissipels, en die Emmaus gangers.

Ons gaan sien hoe hierdie gesprekke gekoppel gaan word aan ons alledaagse lewe. Dit waarmee ons elke dag besig is. Ons praat hier van saam eet, tussen ons vriende en waar ons baie tyd spandeer, in ons werksplek.




WEBBLAD ONDERSTEUNERS
Kontak gerus die Kerkkantoor indien u 'n ondersteuner/adverteerder wil word: valleikb@telkomsa.net
NT Designs - Website Design & Development